2 Kronieke 11:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yarov’am het in sy binneste gesê: “Die koninkryk sal terugkeer na die huis van Dawid

7. as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van יהוה in Yerushalayim, dan sal die verstand, wil en emosie van die volk weer na יהוה toe draai en hulle sal my doodmaak en die koninkryk tot Regav’am, die seun van Shlomo, herstel;”

8. daarom het die koning beraadslaag en twee kalwers van goud gemaak en vir die volk gesê: “Dit is te veel vir julle om op te gaan na Yerushalayim, waarom sou julle opgaan na Yerushalayim en weer terugkom?” Toe het hy gesê: “Hierdie is jou gode, o Yisra’el, wat jou uit die land van Mitzrayim gebring het.”

9. Hy het die een in Beit-El opgestel en die ander in Dan.

10. Hierdie ding het ’n sonde geword, want die mense het voor die kalf gaan neerval, selfs tot by Dan en dit het ’n sonde, tot ontworteling en vernietiging van die aarde af, geword in die hele huis van Yarov’am.

11. In daardie tyd het Aviyah, die seun van Yarov’am, siek geword en Yarov’am sê vir sy vrou: “Staan op en vermom jouself, wees soos ’n eenvoudige vrou sodat jy nie herken word as die vrou van Yarov’am nie en gaan na Shiloh, let op, Agiyah, die profeet is daar, wat vir my gesê het dat ek koning oor hierdie volk moet wees,

12. gaan na hom toe, hy sal jou vertel wat gaan van hierdie kind word.”

13. יהוה het aan Agiyah gesê: “Let op, die vrou van Yarov’am kom na jou toe om jou te vra aangaande haar seun, want hy is siek. So en so moet jy vir haar sê, want dit sal wees dat wanneer sy inkom, sy haarself sal vermom.”

14. Dit het gebeur toe hy haar voete by die deur hoor dat hy vir haar sê: “Kom in, vrou van Yarov’am, waarom het jy jou vermom, want ek is gestuur om vir jou harde woorde te bring?

15. Gaan sê vir Yarov’am: ‘So sê יהוה, die God van Yisra’el: Ek het jou opgelig van tussen die mense en jou koning oor My volk, Yisra’el, gemaak

16. en die koninkryk weggevat van die huis van Dawid en dit aan jou gegee en tog was jy nie soos My dienskneg, Dawid, wat My opdragte gehoorsaam het en in My instellings geleef het met sy hele verstand, wil en emosie, om te doen wat reg is in My Teenwoordigheid, nie,1 Kon 14:7

17. maar jy het boos gedoen bo alle konings wat voor jou was, want jy het gegaan en vir jou afgode vir die nasie gemaak en beelde om voor My te laster en My aanbidding agter jou rug gegooi.”

2 Kronieke 11