2 Korinthiërs 6:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Waarom sal jy aan enige iemand ’n rede gee tot struikeling, as dit nie ’n tekortkoming in ons bediening sou wees nie,

4. maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in vervolginge, in benoudheid, in gevangeskap,

5. in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in slapeloosheid, in honger,

6. in reinheid, in kennis, in geduld, in sagte goedheid, in die Gees van Afsondering, in liefde sonder misleiding,

7. in die boodskap van die waarheid, in die wonderwerkende krag van God, deur die wapens van onpartydige opregtheid in die regter- en linkerhand;

8. deur eer en oneer, deur lofprysing en berisping; asof misleiers en tog waar;

2 Korinthiërs 6