2. want Hy sê: “In die aanvaarbare tyd het Ek jou geantwoord en in die dag van redding het Ek jou gehelp.”
3. Waarom sal jy aan enige iemand ’n rede gee tot struikeling, as dit nie ’n tekortkoming in ons bediening sou wees nie,
4. maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in vervolginge, in benoudheid, in gevangeskap,
5. in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in slapeloosheid, in honger,
6. in reinheid, in kennis, in geduld, in sagte goedheid, in die Gees van Afsondering, in liefde sonder misleiding,
7. in die boodskap van die waarheid, in die wonderwerkende krag van God, deur die wapens van onpartydige opregtheid in die regter- en linkerhand;
8. deur eer en oneer, deur lofprysing en berisping; asof misleiers en tog waar;
9. asof onbekendes en tog bekend; asof een wat doodgaan en let op, ons lewe; asof ons gestraf word en tog nie sterwend nie;
10. asof bedroef is, maar ons verheug ons altyd; asof arm, maar wat baie ander ryk maak; asof mense wat niks het nie en tog alles besit.
11. Ons het ons mond teenoor julle oopgemaak, Korinthiërs en ons denke, wil en emosie groter oopgemaak.
12. Ons beperk julle nie, maar die beperking is in julle omgee.
13. Ek praat egter soos met kinders: betaal my beloning wat by julle is en vergroot julle liefde vir my.
14. Moenie saam met ongelowiges gejuk wees nie. Watter deel het onpartydige opregtheid met die oortreding van die wet en watter gemeenskap het lig met die duisternis?
15. Of watter ooreenstemming het Die Gesalfde Een met die teëstander; of watter deelname het die wat vertrou met die ongelowige?Yeg 37:27; Open 21:3 “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees.”Yir 31:33