2 Korinthiërs 11:30-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. As daar geroem moet word, sal ek in my swakheid roem.

31. Hy weet, die God en Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, geseënd tot in tydlose ewigheid, dat ek nie lieg nie.

32. In Dammesek het die hoof van die weermag van koning Aretas, die stad bewaak om my te vang

33. en ek is in ’n mandjie, deur ’n venster in die muur, neergelaat en het ontsnap uit hulle hande.

2 Korinthiërs 11