6. maar as ons ook ly, is dit ter wille van julle ondersteuning, troos en redding dat ons ly en as ons ook ondersteun en getroos word, is dit vir julle tot ondersteuning, troos en redding deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan.
7. Ons versekerde verwagting vir julle is vas, want ons weet dat, as julle deelgenote is aan die lyding, net so ook aan die ondersteuning en troos.
8. Broers, aangaande die beproewing wat in Asië oor ons gekom het, wil ons dat julle weet dat ons grootliks beproef was, ver bo ons kragte sodat ons lewe op die punt was om te vergaan.
9. Wat onsself betref, het ons die oordeel van die dood ervaar sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek;
10. Hy, wat ons gered het van ’n gewelddadige dood, op Wie ons versekerde verwagting is dat Hy ons ook voortdurend sal red,
11. deur die hulp van julle gebede vir ons persoonlik en dat Sy geskenk vir ons tot guns, ter wille van baie, sal wees en baie Hom mag bely, as gevolg van ons,
12. want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete: dat ons in vrygewigheid, reinheid en die onverdiende guns van God aangewend is, veral teenoor julle en hulle by julle en in die wêreld, nie in vleeslike wysheid nie.
13. Ons het aan julle niks anders geskryf as wat julle weet en mee saamstem nie, maar ek vertrou dat julle tot die einde toe sal saamstem.
14. Net soos julle ook, met ’n bietjie van baie, saamgestem het dat ons julle roem is, net so is julle ook ons roem in die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.
15. In hierdie vertroue wou ek eerste na julle toe kom sodat julle twee keer onverdiende guns kan ontvang
16. wanneer ek by julle verby, deurgaan na Makedonia, om weer vanaf Makedonia by julle aan te kom en julle saam met my na Y’hudah gaan.
17. Het ek dit haastig beplan toe ek dit beplan het? Of wat ek beplan, beplan ek na die vlees sodat daarin ’n ja-ja en nee-nee, (onsekerheid) is?
18. God is vertrouenswaardig dat ons boodskap vir julle nie ja en nee was nie,
19. want die Seun van God, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat deur ons aan julle verkondig is, deur my, Sila en Timotheos, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom,
20. want al die beloftes van God is ja in Hom, Die Gesalfde Een. As gevolg hiervan, deur Hom, gee ons die “dit is waar,” tot eer, lof en aanbidding van God,
21. maar ons bevestig God by julle, in eenheid met Die Gesalfde Een, wat ons gesalf het,