17. Het ek dit haastig beplan toe ek dit beplan het? Of wat ek beplan, beplan ek na die vlees sodat daarin ’n ja-ja en nee-nee, (onsekerheid) is?
18. God is vertrouenswaardig dat ons boodskap vir julle nie ja en nee was nie,
19. want die Seun van God, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat deur ons aan julle verkondig is, deur my, Sila en Timotheos, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom,
20. want al die beloftes van God is ja in Hom, Die Gesalfde Een. As gevolg hiervan, deur Hom, gee ons die “dit is waar,” tot eer, lof en aanbidding van God,
21. maar ons bevestig God by julle, in eenheid met Die Gesalfde Een, wat ons gesalf het,
22. wat ook Sy seël op ons gesit het en die Gees as deposito in ons verstand, wil en emosie gegee het.
23. Ek getuig uit my gees teenoor God dat ek, om julle te spaar, nog nie na Korinthos gekom het nie;
24. nie omdat ons meesters oor julle vertroue is nie, maar ons is helpers aan julle blydskap, want dit is deur vertroue dat julle staan.