17. Toe hulle egter aanhou tot hy verleë was, sê hy: “Stuur.” Hulle het daarom vyftig man gestuur en hulle het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.
18. Hulle het na hom toe teruggekom terwyl hy nog in Yerigo bly en hy vra vir hulle: “Het ek nie vir julle gesê nie: ‘Moenie gaan nie?’”
19. Toe het die manne van die stad vir Elisha gesê: “Let op, die ligging van die stad is gunstig, soos my meester sien, maar die water is sleg en die grond onvrugbaar.”
20. Hy het gesê: “Bring vir my ’n nuwe houer en gooi sout daarin.” Hulle het dit na hom toe gebring.
21. Hy gaan uit na die fontein van die water, gooi sout daarin en sê: “So sê יהוה: “Ek het dié water gereinig; daar sal nie langer dood of onvrugbaarheid van kom nie.”