32. יהוה sê daarom so aangaande die koning van Ashur: ‘Hy sal nie by hierdie stad kom of ’n pyl daar skiet nie en hy sal nie met ’n skild voor dit kom of ’n wal teen dit opgooi nie.
33. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en hy sal nie by hierdie stad kom nie,’ verklaar יהוה,
34. want Ek sal hierdie stad verdedig om dit te verlos, ter wille van Myself en vir My kneg Dawid.”
35. Toe het dit gebeur daardie nag dat die engel van יהוה uitgegaan en een honderd vyf en tagtig duisend in die kamp van die Ashuriërs verslaan het en toe manne die oggend vroeg opstaan, let op, was almal van hulle dood!
36. Sangeriv, die koning van Ashur, het vertrek, teruggegaan en in Ninveh gebly.