9. Die koning van Ashur het na hom geluister en die koning van Ashur het teen Dammesek opgegaan en dit verower en hulle in gevangeskap weggevoer na Kir en Retzin doodgemaak.
10. Koning Agaz het na Dammesek gegaan om Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, te ontmoet en die altaar gesien wat in Dammesek was. Koning Agaz het vir Uriyah, die priester, die bloudrukplan en ’n model van die altaar gestuur, volgens die vakmanskap daarvan.
11. Uriyah, die priester, het ’n altaar gebou, volgens alles wat koning Agaz uit Dammesek gestuur het, so het Uriyah, die priester dit gemaak, voor die koms van koning Agaz vanuit Dammesek.
12. Toe die koning vanaf Dammesek kom, het die koning die altaar gesien; toe het die koning nadergekom na die altaar en opgegaan daarheen