1. In die agtiende jaar van Pekag, die seun van Remalyah, het Agaz, die seun van Yotam, koning van Y’hudah geword.2 Kro 28:1-27
2. Agaz was twintig jaar oud toe hy koning geword het en het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer en hy het nie gedoen wat reg was in die oë van יהוה, sy God, soos sy vader Dawid nie,
3. maar hy het geloop in die pad van die konings van Yisra’el en selfs sy seun deur die vuur laat gaan volgens die gruwels van die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el uit verdryf het.
4. Hy het op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan op die heuwels en onder elke groen boom.Yes 7:1
5. Toe het Retzin, koning van Aram en Pekag, die seun van Remalyah, koning van Yisra’el, opgegaan na Yerushalayim om oorlog te maak en hulle het Agaz beleër, maar kon hom nie oorwin nie.
6. In daardie tyd het Retzin, koning van Aram, Eilat aan Aram herstel en die Y’hudahiete heeltemal uit Eilat verdryf en die Arameërs het na Eilat gekom en het daar gaan woon tot vandag toe.
7. Agaz stuur toe boodskappers na Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, om te sê: “Ek is u dienskneg en u seun; kom op en bevry my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Yisra’el wat teen my opstaan.
8. Agaz het die silwer en die goud wat in die huis van יהוה en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, gevat en ’n geskenk aan die koning van Ashur gestuur.
9. Die koning van Ashur het na hom geluister en die koning van Ashur het teen Dammesek opgegaan en dit verower en hulle in gevangeskap weggevoer na Kir en Retzin doodgemaak.
10. Koning Agaz het na Dammesek gegaan om Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, te ontmoet en die altaar gesien wat in Dammesek was. Koning Agaz het vir Uriyah, die priester, die bloudrukplan en ’n model van die altaar gestuur, volgens die vakmanskap daarvan.