2 Konings 15:26-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.

27. In die twee en vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Pekag, die seun van Remalyahu, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twintig jaar lank.

28. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

2 Konings 15