2 Konings 1:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Mo’av het teen Yisra’el rebelleer na die dood van Ag’av.

2. Agazyah het deur die traliewerk in sy bo-kamer, in Shomron, geval en siek geword. Hy het boodskappers gestuur en vir hulle gesê: “Gaan doen navraag by Ba’alZ’vuv, die god van `Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.”

3. Die boodskapperengel van יהוה het egter vir Eliyahu, die Tishbiet, gesê: “Staan op, gaan op om die boodskappers van die koning van Shomron te ontmoet en sê vir hulle: “Is dit omdat daar geen God in Yisra’el is nie dat julle gaan om navraag te doen by Ba’al-Z’vuv, die god van `Ekron?

2 Konings 1