2 Kefa 3:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is nou die tweede brief wat ek vir júlle, wat ek liefhet, skryf, waarin ek suiwer gedagtes wil opwek deur julle te herinner

2. om die profetiese woorde te onthou, wat deur die afgesonderde profete oorgedra is en ons Meester en Verlosser se opdragte wat deur die afgevaardigdes gegee is.

3. Soos julle reeds weet, sal daar in die laaste dae spotters kom wat spot terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef

4. en sê: “Waar is die belofte van Sy koms, want vandat die vaders dood is, bly alles net soos dit was van die begin van die skepping af.”Gen 1; Yog 1:1

5. Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit water en tussen water ontstaan het deur die Boodskap van God,

6. waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is,Yes 66:15 en opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense.

7. maar die huidige hemele en die aarde is deur dieselfde boodskap bewaarPs 90:4

2 Kefa 3