13. Broers, ek wil hê dat julle moet weet dat julle nie moet rou oor die wat dood is soos die res van die mensdom wat geen versekerde verwagting het nie,
14. want as ons vertrou dat Yeshua gesterf en opgestaan het, dan net so, dat God die wat in Yeshua dood is, saam met Hom bring,
15. want dit sê ons vir julle na aanleiding van die boodskap van ons Meester, dat ons wat in die lewe oorbly wanneer ons Meester kom, die wat dood is, nie sal vóór wees nie,
16. want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met ’n bevel, met die stem van die hoof engel en met die geklank van die trompet van God en dié wat in Die Gesalfde Een gesterf het, sal eerste opstaan