7. maar ons was nederig onder julle. Soos ’n moeder haar kinders versorg,
8. net so het ons na julle verlang en nie net goed gedink om met julle die goeie boodskap van God te deel nie, maar ook ons eie lewe omdat ons vir julle lief is.
9. Julle onthou, broers, dat ons gearbei het en nag en dag hard gewerk het met ons hande om nie ’n las op enige een van julle te lê nie;
10. julle is saam met God getuies, hoe ons die goeie boodskap van God aan julle verkondig het; suiwer en regverdig, sonder fout teenoor almal wat vertrou.
11. Net soos julle weet, hoe ons by elkeen van julle, net soos ’n vader by sy kinders, gepleit het, julle verstand, wil en emosie vol gemaak het en julle versoek het
12. om, soos dit gepas is, vir God te leef; Hy wat julle na Sy Koninkryk en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid geroep het.