6. Ons het ook nie eer en lof van mense gesoek, wanneer ons wel as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een vereer kon word nie; nie van julle en ook nie van ander nie,
7. maar ons was nederig onder julle. Soos ’n moeder haar kinders versorg,
8. net so het ons na julle verlang en nie net goed gedink om met julle die goeie boodskap van God te deel nie, maar ook ons eie lewe omdat ons vir julle lief is.