5. want ons praat ook nooit met vleitaal, soos julle weet, of met uiterlike uitbuitery nie. God is getuie.
6. Ons het ook nie eer en lof van mense gesoek, wanneer ons wel as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een vereer kon word nie; nie van julle en ook nie van ander nie,
7. maar ons was nederig onder julle. Soos ’n moeder haar kinders versorg,
8. net so het ons na julle verlang en nie net goed gedink om met julle die goeie boodskap van God te deel nie, maar ook ons eie lewe omdat ons vir julle lief is.
9. Julle onthou, broers, dat ons gearbei het en nag en dag hard gewerk het met ons hande om nie ’n las op enige een van julle te lê nie;
10. julle is saam met God getuies, hoe ons die goeie boodskap van God aan julle verkondig het; suiwer en regverdig, sonder fout teenoor almal wat vertrou.