1 Sh'mu'el 9:5-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe hulle by die land van Tzuf kom, sê Sha’ul aan die dienskneg wat by hom was: “Kom, laat ons teruggaan, anders hou my vader op bekommerd wees oor die donkies en word angstig oor ons.”

6. Hy sê vir hom: “Let nou op, daar is ’n man van God in hierdie stad en die man word geëer; alles wat hy sê kom sekerlik waar. Laat ons nou daarheen gaan, miskien kan hy ons vertel aangaande die reis wat ons onderneem het.”

7. Toe vra Sha’ul vir sy dienskneg: “As ons egter gaan, let op, wat sal ons vir die man bring, want die brood in ons sakke is op en daar is nie ’n geskenk om vir die man van God te bring nie; wat het ons?”

1 Sh'mu'el 9