1 Sh'mu'el 8:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Soos al die dade wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Mitzrayim laat optrek het tot vandag toe deurdat hulle My verlaat en ander gode gedien het; so doen hulle ook aan jou.

9. Luister dan nou na hulle stem: jy moet hulle egter ernstig waarsku en hulle vertel van die werkswyse van die koning wat oor hulle sal regeer.”

10. Sh’mu’el het al die woorde van יהוה aan die mense, wat ’n koning van hom gevra het, oorgedra.

11. Hy het gesê: “Dit sal die werkswyse wees van die koning wat oor julle sal regeer: hy sal julle seuns vat en hulle vir homself in sy strydwaens sit en by sy perderuiters en hulle sal voor sy wa hardloop.

12. Hy sal vir homself bevelvoerders oor duisend en bevelvoerders oor vyftig aanstel en sommige om sy land te ploeg en om sy oes in te samel en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.

13. Hy sal ook julle dogters as salfmengsters, kooksters en baksters vat.

14. Hy sal die beste van julle lande, julle wingerde en julle olyfboorde vat en aan sy diensknegte gee.

15. Hy sal ’n tiende van julle saailande en julle wingerde vat en dit vir sy offisiere en sy diensknegte gee.

16. Hy sal julle slawe en slavinne, julle beste jongmanne en julle donkies vat en vir sy werk gebruik.

1 Sh'mu'el 8