6. Dié ding was egter verkeerd in die oë van Sh’mu’el toe hulle gesê het: “Gee vir ons ’n koning om ons te rig,” en Sh’mu’el het tot יהוה gebid.
7. יהוה sê vir Sh’mu’el: “Luister na die stem van die volk in alles wat hulle vir jou sê, want hulle het jóu nie verwerp nie, maar hulle het Mý verwerp as Koning oor hulle.Deut 17:14-20
8. Soos al die dade wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Mitzrayim laat optrek het tot vandag toe deurdat hulle My verlaat en ander gode gedien het; so doen hulle ook aan jou.
9. Luister dan nou na hulle stem: jy moet hulle egter ernstig waarsku en hulle vertel van die werkswyse van die koning wat oor hulle sal regeer.”
10. Sh’mu’el het al die woorde van יהוה aan die mense, wat ’n koning van hom gevra het, oorgedra.
11. Hy het gesê: “Dit sal die werkswyse wees van die koning wat oor julle sal regeer: hy sal julle seuns vat en hulle vir homself in sy strydwaens sit en by sy perderuiters en hulle sal voor sy wa hardloop.