1 Sh'mu'el 8:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat toe Sh’mu’el oud was, hy sy seuns as rigters oor Yisra’el aangestel het.1 Kro 6:28

2. Die naam van sy eersgeborene was Yo’el en die naam van sy tweede Aviyah; hulle het in Be’er-Sh’va gerig.Deut 27:25; Deut 24:17

3. Sy seuns het egter nie in sy weë geloop nie, maar het na oneerlike wins afgedraai en omkoopgeskenke ontvang en die reg verdraai.

1 Sh'mu'el 8