1 Sh'mu'el 5:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe die Ashdodiete vroeg die volgende oggend opstaan, let op, het Dagon op sy gesig op die grond voor die ark van יהוה geval. Hulle vat vir Dagon en sit hom weer op sy plek,

4. maar toe hulle die volgende oggend vroeg opstaan, let op, het Dagon op sy gesig op die grond voor die ark van יהוה geval en Dagon se kop en sy twee handpalms lê afgekap op die drumpel; net Dagon se lyf het vir hom oorgebly;

5. daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon se huis in Ashdod nie.

1 Sh'mu'el 5