1 Sh'mu'el 21:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Dawid by Nov gekom, by die priester Agimelekh. Agimelekh het Dawid bewend tegemoetgegaan en vir hom gevra: “Waarom is u alleen en is daar niemand by u nie?”

2. Dawid sê vir Agimelekh, die priester: “Die koning het vir my ’n opdrag gegee en vir my gesê: ‘Laat niemand iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek aan jou opdra nie’ en ek het die jongmanne na ’n sekere plek gestuur;

3. daarom nou, wat is hier by u? Gee vir my vyf brode, of wat ook al gevind kan word.”

1 Sh'mu'el 21