1 Sh'mu'el 2:18-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Sh’mu’el het as seun bedien voor die Teenwoordigheid van יהוה, omgord met ’n linne skouerkleed.

19. Sy moeder het jaar na jaar vir hom ’n klein kledingtukkie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.

20. Dan sal `Eli vir Elkanah en sy vrou seën en sê: “Mag יהוה jou seuns gee uit hierdie vrou in die plek van die een wat sy aan יהוה toegewy het.” Hulle het na hulle huis toe gegaan.

1 Sh'mu'el 2