1 Sh'mu'el 16:21-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe het Dawid by Sha’ul gekom en hom bedien en Sha’ul het hom baie liefgehad sodat hy sy wapendraer geword het.

22. Sha’ul het na Yishai gestuur en gesê: “Laat Dawid nou voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.”

23. So het dit gebeur dat wanneer die gees vanaf voor יהוה na Sha’ul toe kom, Dawid die harp vat en met sy hand speel en Sha’ul sal verfris word en beter wees en die bose gees sal van hom af weggaan.

1 Sh'mu'el 16