1 Sh'mu'el 14:1-2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die dag het gekom dat Y’honatan, die seun van Sha’ul, vir die jongman wat sy wapens dra, gesê het: “Kom, ons gaan oor na die F’lishtyne se garnisoen wat aan die oorkant is,” maar hy het nie sy vader vertel nie.

2. Sha’ul het in die buitewyke van Giv’ah gebly onder die granaatboom wat by Migron staan en die mense by hom was omtrent ses honderd man.

1 Sh'mu'el 14