1 Kronieke 7:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hulle getal, volgens families in hulle geslagte, hoofde van die huise van hulle vaders, dapper manne, was twee en twintig duisend twee honderd.

10. Die seun van Y’dia’el was Bilhan en die seuns van Bilhan: Ye’ush, Binyamin, Ehud, Kena’anah, Zeitan, Tarshish en Agishagar.

11. Hulle almal was die seuns van Y’dia’el, volgens die hoofde van hulle vaders, dapper manne van krag, sewentien duisend twee honderd soldate, gereed om in die weermag uit te gaan in die geveg;

12. asook Shuppim en Huppim, seuns van `Ir, van die seuns van Hushim.

13. Die seuns van Naftali: Yagtzi’el, Guni, Yetzer, Shallum, die seuns van Bilhah.

14. Die seuns van M’nasheh: Asri’el, wat vanuit sy byvrou gebore is; sy het ook geboorte gegee aan Makhir, die vader van Gil’ad.

15. Makhir het die dogter van ’n prins as vrou gevat, wie se suster se naam, Ma’akhah was. Die naam van sy oudste broer was Tz’lof ’gad. Tz’lof ’gad het geen seuns, maar wel dogters gehad.

16. Ma’akhah, ook die moeder van Makhir, het geboorte gegee aan ’n seun en hom Peresh genoem en die naam van sy broer was Sheresh.

17. Die seun van Ulam was Rekem en die seun van Rekem, B’dan; dit is die seuns van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh.

18. Sy suster Ma’akhah het geboorte gegee aan Ish-Hod, Avi’ezer,

19. Sh’mida, Agyan, Sh’khem en Ani’am.

20. Die seuns van Efrayim: Shutelag, Bered, sy seun, Tagat, sy seun, Ele’adah, sy seun, Agat, sy seun,

21. Savad, sy seun, Shutelag en `Ezer, wat deur die manne van Gat, wat in die land gebore is, doodgemaak is omdat hulle afgegaan het om hulle rykdom weg te vat.

22. Efrayim, hulle vader, het baie dae lank gerou en sy broers het gekom om hom te troos.

1 Kronieke 7