1 Kronieke 7:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Sy suster Ma’akhah het geboorte gegee aan Ish-Hod, Avi’ezer,

19. Sh’mida, Agyan, Sh’khem en Ani’am.

20. Die seuns van Efrayim: Shutelag, Bered, sy seun, Tagat, sy seun, Ele’adah, sy seun, Agat, sy seun,

21. Savad, sy seun, Shutelag en `Ezer, wat deur die manne van Gat, wat in die land gebore is, doodgemaak is omdat hulle afgegaan het om hulle rykdom weg te vat.

22. Efrayim, hulle vader, het baie dae lank gerou en sy broers het gekom om hom te troos.

23. Hy het by sy vrou ingegaan, sy is bevrug en het geboorte gegee aan ’n seun en sy het hom B’ri’ah genoem, want iets sleg het in sy huis gebeur

1 Kronieke 7