1 Kronieke 7:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Makhir het die dogter van ’n prins as vrou gevat, wie se suster se naam, Ma’akhah was. Die naam van sy oudste broer was Tz’lof ’gad. Tz’lof ’gad het geen seuns, maar wel dogters gehad.

16. Ma’akhah, ook die moeder van Makhir, het geboorte gegee aan ’n seun en hom Peresh genoem en die naam van sy broer was Sheresh.

17. Die seun van Ulam was Rekem en die seun van Rekem, B’dan; dit is die seuns van Gil’ad, die seun van Makhir, die seun van M’nasheh.

18. Sy suster Ma’akhah het geboorte gegee aan Ish-Hod, Avi’ezer,

19. Sh’mida, Agyan, Sh’khem en Ani’am.

20. Die seuns van Efrayim: Shutelag, Bered, sy seun, Tagat, sy seun, Ele’adah, sy seun, Agat, sy seun,

21. Savad, sy seun, Shutelag en `Ezer, wat deur die manne van Gat, wat in die land gebore is, doodgemaak is omdat hulle afgegaan het om hulle rykdom weg te vat.

22. Efrayim, hulle vader, het baie dae lank gerou en sy broers het gekom om hom te troos.

23. Hy het by sy vrou ingegaan, sy is bevrug en het geboorte gegee aan ’n seun en sy het hom B’ri’ah genoem, want iets sleg het in sy huis gebeur

24. en haar dogter het uit Onder- en Bo-Beit-Horon ontsnap.

25. Almal wat ontsnap het, is deur haar dogter genees, want sy was ’n vroue dokter en sy het die siekes gesond gemaak.

26. Sy het ook vir Edan, die seun van `Ammihud, genees,

1 Kronieke 7