17. Dit is die name van die seuns van Gershon: Livni en Shim’i.
18. Die seuns van K’hat: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el.
19. Die seuns van M’rari: Magli en Mushi. Hierdie is die families van die Leviete volgens hulle vaders:
20. Van Gershon: sy seun Livni, se seun Yagat, se seun Zimmah,
21. se seun Yo’ag, se seun `Iddo, se seun Zerag en se seun Ye’atrai.
22. Die seuns van K’hat: sy seun `Amminadav, se seun Korag, se seun Assir,
23. se seun Elkanah, se seun Evyasaf, se seun Assir,
24. se seun Tagat, se seun Uri’el, se seun `Uziyah en sy seun Sha’ul.
25. Die seuns van Elkanah: Amasai en Agimot.
26. Wat Elkanah, die seun van Elkanah betref: sy seun Tzofai, se seun Nagat,
27. se seun Eli’av, se seun Yerogam en se seun Elkanah.1 Sh’m 8:2
28. Die seuns van Sh’mu’el: Yo’el, die eersgeborene en die tweede Aviyah.
29. Die seuns van M’rari: Magli, se seun Livni, se seun Shim’i, se seun `Uzah,
30. se seun Shim’a, se seun Hagiyah en se seun `Azayah.
31. Hierdie is hulle almal wat Dawid aangestel het om te bedien in die huis van יהוה waar die ark gestaan het.
32. Hulle het met baie sang in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Tent van die Vergadering, bedien totdat Shlomo die huis van יהוה in Yerushalayim gebou het en toe het hy hulle in hul dienswerk aangestel volgens hulle orde.