20. Die seuns van sy vrou Hodiyah, die suster van Nagam, die vader van Ke’ilah: Zemri, Esht’moa, Ma’akhat, Eshtmah en Ashimon.
21. Die seuns van Ashimon: Ammon, Domiyah, Zerah en Shelah.
22. Hierdie is die seuns van Y’hudah: N’mu’el, Yamin, Ahar, Yagin, Zahar, Yarib, Zerag en Sha’ul.
23. Hierdie is die seuns van Shelah.
24. Die seuns van Shim’on: Mivsam was sy seun en Mishma was sy seun,
25. Shemati en Hamu’el,
26. Zakkai, sy seun, Shim’i, sy seun.
27. Shim’i het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie seuns gehad nie en hulle families het ook nie vermenigvuldig totdat die seuns van Y’hudah tussen hulle kom bly het nie.
28. Hulle het by hulle kom bly in die dorpe van Be’er-Sh’va, Moladah en HatzarSha’ul,
29. in Bilhah, `Etzem, Tolad,
30. B’tu’el, Hormah, Hatzar-Gadah, Heshmon, Hetpelet en Ziklag,
31. Marmeranah en Samsalah. Dit was hulle stede tot by die regering van Dawid.
32. Hulle dorpies was: `Eitam, `Ayin, Rimmon, Tokhen en `Ashan, vyf stede
33. en al die dorpies wat in die omtrek van hierdie stede van Arkites was.
34. Hierdie was die stede waarin hulle gebly het en hulle het baie beroemd geword
35. en was in mooi plekke geleë en vrede en rustigheid het rondom hulle geheers.
36. Hierdie is die name van die prinse wat daar, in hulle families, was en in die huis van hulle vaders
37. en hulle het na die ingang van Geder gekom, so ver as die oostekant van die vallei, om weiding vir hulle vee te soek.