1 Kronieke 27:6-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hierdie B’nayah, was magtig onder die dertig en in bevel van die dertig offisiere en in sy afdeling was sy seun, `Ammizavad.

7. Die vierde bevelvoerder vir die vierde maand was `Asah’el, die broer van Yo’av en ná hom sy seun Z’vadyah; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

8. Die vyfde bevelvoerder vir die vyfde maand was Shamhut, die Yizragiet; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

9. Die sesde bevelvoerder vir die sesde maand was `Ira, die seun van `Ikkesh, die T’koaïet; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

10. Die sewende bevelvoerder vir die sewende maand was Heletz, die P’loniet, van die nageslag van Efrayim; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

11. Die agtste bevelvoerder vir die agtste maand was Sibkhai, die Hushatiet, van die Zargiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

12. Die negende bevelvoerder vir die negende maand was Avi’ezer, die `Anatotiet, van die Binyaminiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

13. Die tiende bevelvoerder vir die tiende maand was Mahrai, die N’tofatiet, van die Zargiete; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

14. Die elfde bevelvoerder vir die elfde maand was B’nayah, die Pir’atoniet, uit die nageslag van Efrayim; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

15. Die twaalfde bevelvoerder vir die twaalfde maand was Heldai, die N’tofatiet, vanaf `Otni’el; sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

16. Verder was die volgende oor die stamme van Yisra’el: prins oor die Re’uveniete was Eli’ezer, die seun van Zikhri; oor die Shim’oniete was Sh’fat’yah, die seun van Ma’akhah;

17. oor die Leviete was Hashavyah, die seun van K’mu’el; oor die Aharoniete, Tzadok;

18. oor Y’hudah was Elihu, een van Dawid se broers; oor Yissakhar was `Omri, die seun van Mikha’el;

19. oor Z’vulun was Yishma’yahu, die seun van `Ovadyah; oor Naftali was Yerimot, die seun van `Azri’el;

20. oor die Efrayimiete was Hoshea, die seun van `Azazyahu; oor die halwe stam van M’nasheh was Yo’el, die seun van P’dayah;

21. oor die halwe stam van M’nasheh in Gil’ad was Yiddo, die seun van Z’kharyahu; oor Binyamin was Ya’asi’el, die seun van Avner;

22. oor Dan was `Azar’el, die seun van Yerogam. Hierdie was die prinse van die stamme van Yisra’el.

23. Dawid het hulle van twintig jaar oud en jonger nie getel nie, want יהוה het gesê dat Hy Yisra’el sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

24. Yo’av, die seun van Tz’ruyah, het begin tel, maar nie klaar gemaak nie omdat hieroor ’n toorn oor Yisra’el gekom het en die getal is ook nie opgeneem in die verslag in die Kronieke van koning Dawid nie.

1 Kronieke 27