45. en Haran was die vader van Gazez.
46. Die seuns van Shammai was Ma’on en Ma’on was die vader van Beit-Tzur.
47. Die seuns van Yahdai: Regem, Yotam, Geshan, Pelet, `Eifah en Sha’af.
48. Ma’akhah, die byvrou van Kalev, het geboorte gegee aan Shever en Tirganah.Rig 1:12,13
49. Sy het ook geboorte gegee aan Sha’af, die vader van Madmannah, Sh’va, die vader van Magbenah en die vader van Giv’a. Kalev se dogter was `Akhsah.
50. Hierdie was die seuns van Kalev, die seun van Hur, die eersgeborene van Efratah: Shoval, die vader van Kiryat-Ye’arim,
51. Salma, wat in Beit-Legem gebore is en Haref, wat in Beit-Gader gebore is.