1 Korinthiërs 6:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Waag sekeres van julle wat ’n saak teen ’n ander het om ’n oordeel te gaan soek voor die wat boos is en nie voor die afgesonderdes nie?

2. Weet julle nie dat die afgesonderdes die wêreld sal oordeel nie? As die wêreld deur julle geoordeel gaan word, is julle dan onbevoeg om in hierdie kleinste van dinge te beoordeel?

3. Weet julle nie dat ons engele oordeel nie, hoeveel te meer die wat van dié lewe is?

4. As julle dan regsake het oor dinge van dié lewe, moet julle persone daaroor laat sit wat geen stand in die gemeente het nie?

5. Ek sê dit nou vir julle so: is daar dan nie een wyse onder julle, wat in staat is om uitspraak tussen sy broers te gee nie?

6. Broer verskil met broer en dit selfs voor die wat nie vertrou nie!

7. Deurdat julle regsake met mekaar het, het julle julself klaar geoordeel. Waarom nie eerder verkeerd behandel word nie? Waarom nie eerder ingedoen word nie?

8. Julle doen egter verkeerd en bedrieg ook julle broers.Lev 18:22,23; Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Tim 1:10

9. Of weet julle nie dat bose mense nie die Koninkryk van God sal erf nie? Moenie mislei wees nie! Geen persoon wat vrye seksuele gemeenskap beoefen of beelde aanbid of buite sy huwelik seksuele gemeenskap het of seksuele molesteerders of homoseksuele

10. of valses of diewe of dronkaards of moeilikheidmakers of uitbuiters sal die Koninkryk van God erf nie.

11. Ván hierdie dinge was in elkeen van julle, maar julle is skoon deur die doop, julle is afgesonderd, julle is onskuldig verklaar in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en deur die Gees van ons God.

1 Korinthiërs 6