1 Korinthiërs 4:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Julle is alreeds uit julleself versadig! Julle het alreeds ryk geword! Julle heers ook onafhanklik van ons! O, dat julle tog maar geheers het sodat ons saam met julle kon heers,

9. want ek dink dat God ons afgevaardigdes aan die einde geplaas het asof tot die dood veroordeel, om ’n skouspel te word vir die wêreld, die engele en die mense!

10. Ons is dwaas ter wille van Die Gesalfde Een, maar julle is verstandig in Die Gesalfde Een. Ons is swak, maar julle is sterk. Julle word geëer, maar ons verag.

11. Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, is ons kaal, word ons mishandel en het ons nie ’n huis nie

12. en is ons moeg van werk met ons eie hande. Word ons uitgeskel, seën ons; word ons vervolg, hou ons dit uit;

13. word ons beskuldig, smeek ons van hulle; ons het soos vuilgoed van die wêreld geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

14. Ek skrywe hierdie dinge nie om julle skaam te maak nie, maar soos aan liewe kinders gee ek ’n waarskuwing,

15. want al sou julle tien duisend instrukteurs in Die Gesalfde Een hê, het julle daarenteen nie baie vaders nie, want in Die Gesalfde Een, Yeshua, het ek aan julle geboorte gegee deur die goeie boodskap.

16. Daarvolgens doen ek ’n beroep op julle, word my nabootsers;

17. daarom het ek Timotheos, vir wie ek lief is en wat ’n getroue seun in יהוה is, na julle gestuur om aan julle my lewenswyse in Die Gesalfde Een oor te dra, soos ek oral in elke gemeente leer.

18. Aangesien ek nie na julle toe gekom het nie, het sommige arrogant geword,

19. maar, as יהוה wil, sal ek gou na julle toe kom en dan sal ek sien, nie wat die opgeblase sê nie, maar hulle krag,

1 Korinthiërs 4