1 Korinthiërs 3:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek, my broers, kon nie met julle praat soos met geestelikes nie, maar soos met vleeslikes, soos met babas in Die Gesalfde Een.Heb 5:12-14

2. Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie en julle is nou nog nie daartoe in staat nie

3. omdat julle nog steeds vleeslik is, want aangesien daar onder julle jaloesie, argumentering en verdeeldheid is, is julle nie vleeslik en lewe julle nie na die menslike nie?

4. Wanneer die een sê: “Ek is van Sha’ul;” en die ander: “Ek is van Apollos”, let op, is julle nie vleeslik nie?

1 Korinthiërs 3