1 Korinthiërs 2:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek, toe ek by julle gekom het, my broers, het nie aan julle die geheimenis van God kom verkondig met ’n verhewe boodskap of geleerdheid nie,

2. want ek het besluit om niks anders onder julle te ken nie as Yeshua, Die Gesalfde Een en Hom as gekruisigde.

3. Ek het ook in baie vrees en in bewing by julle gekom

4. en my boodskap en my verkondiging was nie in oorredende woorde van wysheid nie, maar in die demonstrasie van die Gees en wonderwerkende krag

5. sodat julle vertroue nie in wysheid van mense sou wees nie, maar in die krag van God.

6. Ons bespreek wysheid onder die volwassenes, maar ’n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se outoriteite, wat vergaan nie,

7. maar ons bespreek die geheime wysheid van God, wat weggesteek was en wat God van voor die ontstaan van die aarde af beplan het, om ons in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid te bring,

8. wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie, want as hulle dit geken het, sou hulle die Meester van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid nie gekruisig het nie,Yes 52:15; Yes 64:3,4

9. maar soos geskrywe is: “Die oog het nie gesien en die oor het nie gehoor en dit het nie in die gedagtes van ’n mens opgekom, dít wat God voorberei het vir dié wat Hom liefhet nie.”

10. God het dit aan ons deur Sy Gees openbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God,

11. want wie ken die innerlike van die mens, as dit nie die gees van die mens is wat in hom is nie? Net so weet ook niemand wat ín God is nie, behalwe die Gees van God,

1 Korinthiërs 2