1 Korinthiërs 15:15-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Dan word ons as valse getuies van God bevind omdat ons van God getuig het dat Hy Die Gesalfde Een opgewek het terwyl Hy Hom nie opgewek het nie,

16. want as die wat dood is nie weer sal lewe nie, dan lewe selfs Die Gesalfde Een ook nie

17. en as Die Gesalfde Een nie lewend is nie, dan is julle vertroue leeg en is julle nog in julle sondes

18. en dan het ook dié wat in Die Gesalfde Een dood is, sonder twyfel vergaan.

1 Korinthiërs 15