1 Korinthiërs 14:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hardloop agter liefde aan en wees ywerig vir die gawes van die Gees, maar veral om te profeteer,

2. want hy wat in ’n taal praat, praat nie met mense nie, maar met God, want niemand verstaan wat hy sê nie, maar deur die Gees praat hy geheime.

3. Hy wat profeteer, praat egter woorde van opbouing, aanmoediging en vertroosting tot mense.

1 Korinthiërs 14