1 Korinthiërs 12:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. As die oor sou sê:’ Omdat ek nie die oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

17. As die hele liggaam ’n oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was, waar sou die reuk wees?

18. Nou het God egter elkeen van die ledemate in die liggaam gesit, net soos Hy wil.

19. As almal een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

20. Nou is daar egter baie ledemate, maar net een liggaam.

1 Korinthiërs 12