10. Die vrou moet daarom ’n aanduiding van outoriteit oor haar kop hê ter wille van die engele.
11. Tog is die man nie afsonderlik van die vrou nie en die vrou ook nie afsonderlik van die man in ons Meester nie,
12. want net soos die vrou vanuit die man is, so is ook die man deur die vrou, maar alles is vanaf God.
13. Beoordeel onder julleself: is dit reg vir ’n vrou om met onbedekte kop tot God te bid?Yeg 44:20
14. Of leer die natuur self julle nie dat as ’n man sy hare laat groei, dit vir hom ’n oneer is nie
15. en wanneer ’n vrou haar hare laat groei, dit vir haar ’n eer en lof is omdat haar hare vir haar gegee is as ’n bedekking nie?
16. As iemand hieroor wil stry; nie ons of die gemeentes van God het so ’n gebruik nie,
17. maar in die gee van die volgende opdrag, kan ek julle nie loof nie omdat dit nie tot julle voordeel is dat julle bymekaargekom het nie, maar julle het tot gemeenheid afgedaal.
18. In die eerste plek hoor ek dat, as julle bymekaarkom in die gemeente, daar verdeeldheid onder julle is en sekere dinge glo ek,
19. want daar sál ook verskille onder julle wees sodat dié wat goedgekeur word onder julle bekend mag word.
20. Wanneer julle so bymekaarkom, dan is dit nie op die regte manier dat julle op die dag van ons Meester eet en drink nie,
21. want elkeen eet voor die ander, op sy eie en die een ly honger terwyl die ander dronk is.