1 Konings 9:26-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Koning Shlomo het ook ’n vloot skepe gebou in `Etzyon-Gever wat by Elot aan die kus van die Sufsee in die land Edom lê.

27. Hiram het sy diensknegte met die vloot gestuur, matrose wat die see ken, saam met die diensknegte van Shlomo.

28. Hulle het na Ofir gegaan en vier honderd en twintig talente goud van daar gevat en dit na koning Shlomo toe gebring.

1 Konings 9