49. hoor dan in die hemel, U blyplek, hulle gebed en smeking en bevestig hulle doel
50. en vergewe U volk wat teen U gesondig het en al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het en laat hulle ontvangers van omgee word voor die wat hulle weggevoer het dat dié aan hulle omgee kan bewys,
51. want hulle is U volk en u erfenis wat U uit Mitzrayim uitgebring het, uit die midde van die ystersmeltoond
52. sodat U oë oop kan wees vir die smeking van U dienskneg en vir die smeking van U volk Yisra’el, om na hulle te luister wanneer hulle ook al tot U roep,
53. want U het hulle vir U as erfenis afgesonder van al die volke van die aarde, soos U deur U kneg, Moshe, gepraat het toe U, Meester-יהוה, ons vaders uit Mitzrayim uitgebring het.”
54. Toe Shlomo klaar hierdie hele gebed en smeking gebid het tot יהוה, knielend met sy hande na die hemel uitgesprei, het hy van voor die altaar van יהוה af opgestaan
55. en hy het gestaan en die hele vergadering van Yisra’el hardop geseën en gesê:
56. “Praat goed van יהוה, wat aan Sy volk Yisra’el rus gegee het volgens alles wat Hy belowe het; nie een woord van al Sy goeie beloftes wat Hy deur Sy dienskneg Moshe belowe het, het onvervuld gebly nie.
57. Mag יהוה, ons God, by ons wees soos Hy by ons vaders was; mag Hy ons nie verlaat of ons verwerp nie
58. sodat Hy ons verstand, wil en emosie na Homself sal keer, om in al Sy paaie te loop en Sy opdragte, Sy wette en Sy instellings te gehoorsaam wat Hy ons vaders beveel het.
59. Mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die Teenwoordigheid van יהוה gesmeek het, dag en nag naby יהוה, ons God, wees sodat Hy Sy dienskneg se doel kan bevestig en die doel van Sy volk Yisra’el, soos elke dag vereisDeut 6:4
60. sodat al die volke van die aarde kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander een nie.
61. Laat julle verstand, wil en emosie daarom volkome toegewy wees aan יהוה, ons God, om te leef volgens Sy instellings en Sy opdragte te gehoorsaam, soos op hierdie dag.”
62. Die koning en die hele Yisra’el saam met hom, het offers voor die Teenwoordigheid van יהוה geoffer.2 Kro 7:5
63. Shlomo het as die vredesoffer wat hy tot יהוה gebring het, twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend skape geoffer. So het die koning en al die seuns van Yisra’el die huis van יהוה afgesonder.
64. Op dieselfde dag het die koning die middel van die hof afgesonder wat voor die huis van יהוה was, want daar het hy die brandoffer, die graanoffer en die vet van die vredesoffers geoffer omdat die koper altaar wat voor יהוה is, te klein was om die brandoffer, die graanoffer en die vet van die vredesoffers te hou.
65. So het Shlomo in dié tyd die fees onderhou en die hele Yisra’el saam met hom, ’n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Mitzrayim, voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, vir sewe dae en nog sewe dae; veertien dae lank.
66. Op die agtste dag het die volk ’n afvaardiging gestuur en die koning geseën en hulle het vreugdevol na hulle tente gegaan, bly van gees oor al die goedheid wat יהוה aan Sy kneg Dawid en Sy volk Yisra’el bewys het.