1 Konings 4:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. B’nayah, die seun van Y’hoyada, was oor die leër en Tzadok en Evyatar was priesters.

5. `Azaryah, die seun van Natan, was oor die aangesteldes en Zavud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die koning.

6. Agishar was oor die huishouding en Adoniram, die seun van `Avda, was oor die manne onder dwangarbeid.

7. Shlomo het twaalf bestuurders oor die hele Yisra’el gehad wat vir die koning en sy huishouding voorsien het; elke man moes vir ’n maand in die jaar voorsien.

8. Hierdie is hulle name: “Ben-Hur in die Bergland van Efrayim;

9. Ben-Deker in Makatz, Sha’albim, Beit-Shemesh en Eilon-Beit-Hanan;

1 Konings 4