1 Konings 3:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Die mense het steeds op die hoë plekke geoffer omdat tot en met daardie dae daar geen huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gebou was nie.

3. Shlomo het יהוה liefgehad en geloop in die instellings van sy vader Dawid, behalwe dat hy op die hoogtes geoffer en wierook laat opgaan het.2 Kro 1:3; 2 Kro 5:2-5

4. Die koning het na Giv’on gegaan om daar te offer omdat dit die grootste hoë plek was; Shlomo het ’n duisend brandoffers op daardie altaar geoffer.

5. In Giv’on het יהוה in ’n droom in die nag aan Shlomo verskyn en God het gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”

6. Toe sê Shlomo: “U het aan u kneg, my vader Dawid, baie liefdevolle omgee gewys, soos wat hy voor U Teenwoordigheid geloop het in waarheid, in onpartydige opregtheid en in opregtheid van verstand, wil en emosie teenoor U en U het vir hom hierdie groot liefdevolle omgee bewaar dat U vir hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit, soos dit vandag is.

1 Konings 3