1 Konings 3:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Toe kom daar twee vroue, wat prostitute was, na die koning en staan voor hom.

17. Die een vrou het gesê: “Ag, my meester, hierdie vrou en ek woon in dieselfde huis en ek het geboorte gegee aan ’n kind terwyl sy in die huis was.

18. Dit het op die derde dag na ek geboorte gegee het, gebeur dat hierdie vrou ook geboorte gegee het en ons was saam. Daar was niemand anders by ons in die huis nie, slegs ons twee in die huis.

19. Hierdie vrou se seun het in die nag gesterf omdat sy op hom gelê het.

20. Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seun van langs my weg terwyl u dienares slaap en sit hom aan haar bors en lê haar dooie seun aan my bors.

1 Konings 3