1 Konings 17:21-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe het hy homself drie maal uitgestrek oor die seun en יהוה aangeroep en gesê: “יהוה, my God, ek vra U, laat hierdie seun se lewe na hom terugkeer.”

22. יהוה het Eliyahu se stem gehoor en die lewe van die seun het na hom toe teruggekeer en hy het weer geleef.

23. Eliyahu vat die seun en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder en Eliyahu sê: “Kyk, jou seun lewe!”Deut 18:22

24. Toe sê die vrou vir Eliyahu: “Nou weet ek dit: dat u ’n man van God is en dat die woord van יהוה, in u mond, waarheid is.”

1 Konings 17