1 Konings 16:33-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Ag’av het ook die Asherah opgerig. So het Ag’av meer gedoen om יהוה, die God van Yisra’el, te tart as al die konings van Yisra’el wat voor hom was.Y’ho 6:26

34. In sy dae het Hi’el, van Beit-El, Yerigo gebou; hy het sy fondasies met die verlies van Aviram, sy eersgeborene, gelê en sy poorte opgerig met die verlies van S’guv, sy jongste, volgens die woord van יהוה wat Hy deur Y’hoshua, die seun van Nun, gepraat het.

1 Konings 16