8. Aviyah is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die stad van Dawid begrawe en Asa, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 14:1-16:14
9. In die twintigste jaar van Yarov’am, die koning van Yisra’el, het Asa begin heers as koning van Y’hudah.
10. Hy het een en veertig jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was Ma’akhah, die kleindogter van Avshalom.
11. Asa het gedoen wat reg was in die oë van יהוה, net soos sy vader Dawid.
12. Hy het ook die manlike kultusprostitute uit die land uitgesit en al die afgode wat sy vaders gemaak het, verwyder.
13. Hy het ook sy moeder, Ma’akhah, as koninginmoeder verwyder omdat sy ’n fees vir haar afgod gehou het en Asa het die afgod vernietig en by die Kidronspruit verbrand,
14. maar die hoë plekke is nie weggevat nie; nogtans was Asa se verstand, wil en emosie al sy dae volkome toegewy aan יהוה.
15. Hy het die toegewyde dinge van sy vader en sy eie toegewyde dinge in die huis van יהוה ingebring: silwer, goud en gereedskap.
16. Daar was oorlog tussen Asa en Ba’sha, die koning van Yisra’el, al hulle dae.
17. Ba’sha, die koning van Yisra’el, het teen Y’hudah opgetrek en Ramah versterk om te verhoed dat enige een uitgaan vanaf, of ingaan na Asa, die koning van Y’hudah.
18. Toe vat Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van יהוה en die skatte van die huis van die koning en gee dit in die hand van sy diensknegte en koning Asa het hulle gestuur na Ben-Hadad, die seun van Tavrimmon, die seun van Hezyon, die koning van Aram wat in Dammesek gebly het en gesê:
19. “Laat daar ’n verbond tussen my en u wees, soos tussen my vader en u vader. Let op, ek het vir u ’n geskenk van silwer en goud gestuur; gaan verbreek u verbond met Ba’sha, die koning van Yisra’el sodat hy van my af kan terugtrek.
20. Ben-Hadad het geluister na koning Asa en die bevelvoerders van sy leër teen die stede van Yisra’el gestuur en `Iyon, Dan, Avel-Beit-Ma’akhah, die hele Kinn’rot asook die hele land van Naftali verower.
21. Toe Ba’sha dit hoor, het hy opgehou om Ramah te versterk en in Tirtzah gebly.