24. Asa is neergelê by sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader, Dawid en Y’hoshafat sy seun het in sy plek geheers.
25. Nadav, die seun van Yarov’am, het koning geword oor Yisra’el in die tweede jaar van Asa, koning van Y’hudah en hy het twee jaar oor Yisra’el regeer.
26. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה en gewandel in die pad van sy vader en in sy sonde waarmee hy Yisra’el laat sondig het.
27. Toe het Ba’sha, die seun van Agiyah, van die huis van Yissakhar, saamgesweer teen hom en Ba’sha het hom verslaan by Gibb’ton wat aan die F’lishtyne behoort terwyl Nadav en die hele Yisra’el besig was om Gibb’ton te beleër.
28. So het Ba’sha hom doodgemaak in die derde jaar van Asa, koning van Y’hudah en in sy plek geheers.